AlfreOnsscoeethier!diemaandbuite!DeurWinifredHarms
Daar is niks beter om die begin van somer te vier
as om buite te eet nie! Winifred Harms ons décor
ghoeroe het vir Virere `n tafel buite gedek wat die
heeldag gebruik kan word. Ontbyt, middagete en
aandete. Dit is die regte manier om die meeste uit
jou décor elemente te haal, en vars blomme
maksimaal te gebruik. Nooi `n paar vriende en
vriendinne om die heeldag buite te wees en tyd
saam met mekaar te geniet. Dra van jou binne
meubels na buite en tower dit op buite-kussings.
Winifred het ook slim te werk gegaan met tafel-
bokke en `n ou deur, om genoegsame plek te skep
vir mense om om die tafel te sit. Dit is `n slim idee
vir klein tuine, omdat dit plat gestoor kan word.
Daar is ook weer `n paar idees vir die spyskaart om
die dag ekstra gemaklik en spesiaal te maak.
27