Peer, Camembert en biltong pizza
Bestanddele vir basis met `n Thermomix:
(Indien jy nie `n Thermomix het nie,
kan vooraf gemaakte basisse gebruik word)
170g water
1t sout
20g gis of een pakkie
260g koekmeel
Termomix metode:
Weeg die water af in die TM bak en verhit tot 37°C, spoed 1,
Weeg die sout, gis en meel af in die TM bak, en meng op spoed 5 vir 10 sekondes
Gebruik die knie funksie en knie dan vir 2 minute.
Rol die deeg uit in 2 groot dun pizzas. (hierdie deeg is dadelik reg om gebruik te word)
Bestanddele vir die pizza vulsel:
2 -3 ryp pere in baie dun skyfies gesny
1 koppie nat biltong
2 camembert kaas pakkies in skywe gesny
1 koppie gerasperde mozerel a kaas)
Metode:
Verdeel die bestanddele in eweredig oor die 2 pizza basisse en sprinkel laaste die mozerela kaas oor.
Bak teen 190°C vir ongeveer 15 minute tot die deeg gaar is en die kaas gesmelt het.
Gemm er en joghurt lassi
Bestanddele:
3e vanielje melk geur poeier
3e heuning
2X1g versoeter
Knippie gemaalde kaneel
Knippie gemaalde gemmer
1 piesang
1e grondboontjie botter
1e ingelegde gemmer stukke
100g joghurt
18 groot ysblokkies
250 g/ 1 k koue water
250 g/1k koue melk
Thermomix metode:
Gooi al die bestanddele in die Thermomix bak, en laat die masjien
hardloop op spoed 10, vir 2min 30 sekondes.
Ander voedsel verwerkers:
Kraak eers die ys in verdeelde hoeveelhede in die masjien met `n "pulse"
funksie. (maak seker dat jou masjien ys kan kraak)
Gooi dan die ander bestanddele by die ys en "pulse" eers `n paar keer,
tot die bestanddele goed fyn gemaak is. Skraap die rante skoon en draai
die versapper of voedselverwerker ten volle spoed vir 4 minute.