Appel en couscous nagereg
Bestanddele:
600 ml appelsap
115g couscous
40g sultanas
½ t gemengde spesery vir vrugtekoek
1-2 geskilde appels in skywe gesny en stronk verwyder
25g bruinsuiker
Gewone joghurt of vla vir opdien
Metode:
Verhit die oond tot 200 °C, en plaas die appelsap, couscous, sultanas en
spesery in `n diep pan en bring tot kookpunt.
Skakel die hitte af, en sit die deksel op vir 10 -15 minute tot die vloeistof
meestal deur die couscous geabsorbeer is.
Skep die helfte van die couscous in `n oondvaste bak en plaas die helfte
van die appel skywe bo-op. Herhaal die lae en strooi die suiker oor. Bak vir
25 minute en dien saam met die joghurt of warm vla op.
30