In hierdie rustige area vind jy `n gemeenskap waar `n bedrywigheid van lewenslustige individue nie geïgnoreer
kan word nie. Dit is geen wonder dat Steytlerville benoem was vir klein dorp van die jaar nie. As jy nie oopmond
staar na alles om jou, en die heerlikste eg-Karoo skaapvleis geniet nie, is daar vele ander ongewone
besienswaardighede waarmee sy spog:
NG Kerk:
Die grootste Edwardiaanse kerk in Suidelike Afrika, wat sitplek het vir 1200
mense, was ingelyf in 1907 met `n orrel wat bestaan uit 1046 pype. Die kerk
was gebou teen `n koste van £16 000.
Draaikrans:
Die rotsformasie is ongeveer 60 meter hoog en bestaan uit blootgestelde rots
wat gevorm is oor miljoen jare toe die Karoo nog op die bodem van die see
was.
Klokkehuis:
Hier word meer as 350 horlosies uitgestal, van hulle wat dateer uit die 1700's.
Pegasus Veteraan Motor Museum: Interessante uitstalling van motors uit vorige eras.
Oorlogsmonument:
Hierdie monument, gebou in 1925, bring hulde aan die Steytlervillers wie
gesterf het in die Eerste Wêreldoorlog.
`n Heerlike tydverdryf is om te sit op die Royal hotel se stoep met `n lafenis in die hand en om die mense dop te
hou in die hoofstraat. Een van die min strate wat gemaak is vir `n ossewa met `n span van twaalf osse wat kan
omdraai. Hierdie einste hoofstraat is die enigste straat in die land wat spog met familiewapens. Die Bougainvillea
se helder kleure maak die straat `n geselspunt.
Kan `n mens jouself ooreet aan Lizzie se roosterkoek! Daar is vele ander plaaslike disse wat hier opgedis word by
Lizzie se Khaya.
Dit is hier in Steytlerville waar ek myself weer vind. Net sodra mens dink dat hierdie deel van die aarde geskape is
en net so laat staan is, beleef jy die wonderwerke wat hierdie deel van die aarde so uniek en besonders maak. Dit
is asof al wat leef en beef hande klap vir elke drupel reen, en so vergeet van swaarkry en uitsien na die goeie...
Artikel deur: Louis van Rensburg.
36