Die organiseerders meld dat hul met Capital Urban Market
`n kultuur wil ontwikkel soortgelyk aan wat in ons suster stad
Johannesburg te vinde is. Hulle voel dat hierdie platvorm
van interaksie tussen alle bewoners van Pretoria die beste
manier is om `n gesamentlike kultuur te skep soos wat slegs
in Suid ­ Afrika kan heers met sy diverse agtergrond en
dinamiese mense, en dit moet weerspieël word deur die
hoofstad.
Hulle sien ook Capital Urban Market as `n platvorm om
Pretoria se talentvolle bewoners op die voorgrond te plaas,
dus word daar gefokus op Pretoria uitstallers en kunstenaars.
Alle items moet ook eg Suid ­ Afrikaans wees om te verseker
die mark bied aan sy besoekers net die beste van reg hier
onder hul neuse.
Die volgende markte geskied op 2 Augustus en dan weer
op 6 September. Gaan besoek hul Facebook blad onder
Capital Urban Market om op hoogte te bly van alle nuus en
nuwe ontwikkeling rakende die mark.
Maak seker julle
besoek hierdie juweel om alles vir jul self te ervaar. So daar
het jy dit kom spandeer `n lui lekker sondag by Capital Urban
Market en geniet die beste wat die Jakaranda stad kan opdis
vir sy inwoners.