Spek en aartappel chowder
Bestandele:
250g gesnyde spek
300g geskilde aartappels in klein blokkies gesny
1 fyn gesnyde ui
300g blikkie ingedampte melk (ideal milk)
1 blikkie hoendersop
210g blikkie room suikermielies
250ml melk
150ml room
Sout en peper na smaak
Metode:
Braai die spek en ui in `n groot kastrol, met `n bietjie olyfolie, vir
ongeveer 5 minute. Voeg die aartappel daarby, en braai verdure
10 minute tot die aartappel begin gaar word.
Voeg ingedampte melk, hoendersop, suikermielies, en melk by.
Kook vir 2-3 minute, verminder die hitte en prut vir 15 minute met
die deksel op.
Voeg die room, sout, en peper by, en bedien warm op. (indien
die sop nie dik genoeg is nie, prut vir `n verdure 5 minute met die
deksel af. Voeg die room dan daarna by.)
MelkbroodmetonsThermomix
Bestandele:
300g melk
50g botter
20g gis of een pakkie
60g suiker
550g koekmeel
¼ t sout
1 eier lig geklop
Metode:
Druk die weeg knop op die Thermomix en weeg die melk, botter,
suiker, en gis af. Onthou om die skaal na 0 te herstel na elke afmeting.
Verwarm vir 3 minute tot 37 grade celcius, spoed 2.
Druk die weeg knop en voeg die meel en sout by. Gebruik die knie
funksie en knie vir 3 minute. Laat die deeg rys vir 1 uur, en verdeel dan
in drie dele. Rol elke deel in `n lang rol, en laat om te rus vir 5 minute.
Heg die punte van die dele, en vleg die drie dele soos `n vlegsel. Plaas
die brood op `n bak plaat en laat dit weer rys.Verhit die oond tot 180
grade celcius. Borsel die eier oor die brood, en bak 25 ­ 30 minute.
Laat effens afkoel, en bedien louwarm.
28