Winter poeding
Bestandele:
150g koekmeel
100g muscavado of bruin suiker
200g aditioneel
1t bakpoeier
2t gemaalde gemmer
2t gemengde spesery vir vrugtekoek
125 ml volroom melk
60 ml sonneblom olie
1 eier
6t botter
400ml kook water
Metode:
Verhit die oond tot 220 grade celcius en kook die 400 ml water
Meng die meel, 100g suiker, bakpoeier, 1t gemmer, 1t gemengde
spesery, melk, olie en eier. In `n mengbak
Giet in `n diep, ronde, 23-25cm diameter oondvaste bak.
Meng die 200g suiker, 1t gemmer en 1t gemengde spesery apart en
sprinkle oor die deegmengsel
Plaas die botterklonte in die bak eweredig uitmekaar versprei.
Giet die kookwater versigtig oor die hele mengsel. (dit lyk of dit nie
gaan werk nie, maar glo ons dit is reg)
Bak dadelik in die oond vir 30 minute. Laat effens afkoel en bedien met
Thermomix vla.
Skep diep om die lekker sous onder in die bak te kry.
29