No 8: Oldnectar
Old nectar is deel van Una van der
Spuy, die "Moeder van Suid
Afrikaanse tuinmaak" se nalating en
is al menigmaal in tuin tydskrifte as
een van ons mooiste tradisionele
tuine beskryf.
No 7:
Malingatawanytuine
Mallingatawany tuine is iets anders
as die gewoon, maar laat ons nou
nie te veel weg gee nie, want lesers
kan bietjie verder blaai na ons
spesiale artikel vir hierdie
besonderse tuin.
No 6:
Bosjeskapel
Hoewel die wêreldberoemde kapel seker die ster is
van hierdie aantreklikheid, kon ons nie help om die
tuine goed deur te kyk nie, en die vrye landelike styl
met kontemporêre afwerkings is werklikwaar iets
om te sien
No 5:
Babylonstoren
Een van Suid Afrika se oudste Ferme Orné eksemplare, met wortels in die 1700's.
Babylonstoren, hoewel nie eintlik tuin nie, maar meer plaas moes op Virére se lys kom
sodat besoekers verlustig kan word met hierdie sprokies wêreld
10