No 4: E-pos reël
Hou by skedule, en moenie dat iemand
agterkom jy het tyd vir onbenullighede nie.
Goeie skedule is om in die oggend, na ete, en
net voor toemaaktyd, tyd opsy te sit vir e-pos.
As iemand agter kom jy is heeldag daarvoor
beskikbaar, sal jy geen tyd vir iets anders hê nie,
dit word "Ping Pong" wedstryd. Hou e-posse
kort, en bondig, met soveel inligting in een e-
pos as moontlik. Gebruik koeëlpunte vir maklik
leesbare e-posse.
No 5:
Gebruik die telefoon reg!
Almal is deesdae baie besig, en dit is
net nie moontlik om te alle tye die foon
te antwoord nie. Moenie ellelange
boodskap los nie, stuur SMS met jou
naam, nommer en waaroor jy geskakel
het. So kan die ander persoon
voorberei en terug kom na jou
wanneer dit moontlik is. Antwoord
telefoon met genoeg inligting in
vriendelike stem. Daar is niks so aaklig
soos iemand wat antwoord met net die
woord: "hello" nie. So gesê, wanneer jy
iemand skakel, moet hulle ook nie
antwoord met net hul naam nie. Jy is
nie noodwendig belangrik genoeg, dat
hulle jou sal erken of jou naam op hul
foon gestoor het nie. Begin met goeie
dag, gevolg deur jou eie naam.
No 6:
Hou jou werksomgewing netjies.
Pasop dat jou werksruimte nie die van Jan
Steen word nie! Hou dit so aan die kant as
moontlik. As jy deurmekaar werker is,
probeer om jou tafel aan die einde van elke dag
bietjie op te ruim. Was enige skottelgoed wat
jy gebruik het. Jou werksruimte is vir sommige
weerspieëling van jou.
10