No 7: Werk by die werk, huis by die huis
Moenie dat die twee omgewings meng of mekaar beïnvloed nie. Daar is grense tot
ander mense se belangstelling in jou nuwe gordyne, of wat jy gisteraand gehad het vir
middernag knibbel happie. Koffietyd en die etensuur is goeie tyd om gesonde
gesprekke te hê oor almal persoonlike lewe, maar wees bedagsaam om nie gesprekke
te oorheers nie, en vermy alle sensitiewe onderwerpe of persoonlike oortuigings.
Goue reël is, dat as iemand regtig belangstel, sal hulle jou daaroor uitvra.
No 8:
Ge-paaiery werk nie meer nie
Wees openlik en op die man af. Almal het
al êrens in hul lewe seminaar bygewoon
oor hoe om mense te paai of heining om
die mond te smeer. Dit is baie deursigtig,
en later voel mens net om die bos gelei.
As jy iets wil vra, of guns benodig, vra
reguit daarvoor op vriendelike manier.
As jy aan iemand ware kompliment wil
gee doen dit, maar moenie die twee
kombineer nie. Anders voel jou werklike
komplimente later leeg. Onthou ook die
gesegde, lei blinde man in die daglig,
en hy sal jou help as dit donker is. Moenie
No 9:
Moenie kwaad reageer nie
verwag dat as jy nooit bydra, iemand
Maak nie saak hoe de-joos in jy is, of hoe
entoesiasties gaan wees wanneer jy hulp
jy ook al nagekom is nie, wag eers voor jy
benodig nie.
reageer. Dit is makliker gesê as gedaan,
want dit is besonder belangrik om op
eerbare en gesonde wyse jouself te
verdedig. Dink eers daaroor na, sien die
saak vanuit die ander persoon se oogpunt,
en kyk na die omstandighede wat daartoe
gelei het. Wanneer jy dieper insig tot die
saak verkry het, kan jy dit aanspreek
sonder om aanvallend te wees, of ander
mense persoonlik aan te vat. As jy jou
terugvoer wil tik, lees dit eers, wag bietjie,
en kom dan terug om dit weer te lees, voor
jy klik op die "send" knoppie. Moet nooit
jouself verbaal te buite gaan ten aanskoue
van medewerkers nie.
11