No 10: Werk skaal vir gunsies
Dit is goed om nie te rigied te wees nie,
maar die ander uiterste lei ook tot
gestresde inner gemoed. Mense om jou
kan diffuse grense myl ver sien, en sal
maklik daaruit baat vind deur oor jou te
loop. Stel vir jouself lys op met skaal
van een tot tien. Vergelyk dan take wat
nie jou verantwoordelikheid is nie, of
onderwerpe daarmee voor dat jy ja of
nee sê.
1 tot 3
is take wat jou nie baie tyd (10-
30min), moeite of geld gaan kos nie, en
jy hoef nie persoonlik daarby betrokke
te raak nie.
3 tot 5
is take wat tyd gaan neem (30-
60min), moeite gaan wees, of dalk
minimale kostes mag hê.
5 tot 7
is take van hoër intensiteit as en
kan dalk soveel as half dag neem, of
finansiële implikasies hê.
7 tot 10
is die hoogste graad, en kan
jou dag neem, of jou persoonlik
betrokke laat raak.
Dink dan daaroor na, hoekom doen
hierdie persoon dit nie self nie? Waarom
het hy of sy juis jou gevra? Het jy die
tyd? Sal dit vir die ander persoon baie
beteken? Gaan dit patroon vorm wat
herhaaldelik van jou kragte gaan opeis?
As jy baie geld daaraan gaan bestee, sal
jy vergoed word?
Die tydskaal help dan ook om vir jouself
aanduiding te gee, oor hoe lank jy
daaroor mag nadink in minute voor jy
besluit maak. Laat jou ja dan jou ja wees
en jou nee jou nee.
12