iketteet
Kantoor
My kantoor maak my mal
Tien kantoor gebooie vir `n gesonde werkslewe
No 1: Respekteer ander se tyd
Respekteer iemand anders se tyd. Dit maak
nie saak hoe hoog of laag iemand in die
kantoor hiërargie geag word nie, almal het
lewe. Hou in gedagte dat almal hul werk so
gou as moontlik wil afhandel. Maak dus jou
opdragte so duidelik en maklik moontlik, en
hou by kantoor ure. Laat genoeg tyd toe vir
die ander persoon om hul taak te voltooi.
Moenie jou eie bas red en iets op nommer 99
vir die volgende persoon gee en sodoende in
hulle kosbare tyd invreet nie. Om iemand
anders se tyd te waardeer palm respek in.
No 2:
Sosiale media reël
Whatsapp, Facebook, Twitter en SMS is nie
geldige kanale om oor werk te kommunikeer
nie, tensy jy Mark Zuckerberg is. Nog minder
moet hierdie kanale nauurs gebruik word.
Gebruik telefoon om te skakel, of stuur e-
pos.
09