Sjokolade en Pistachio Fudge
Bestanddele:
350 g donker sjokolade
1X397 g blikkie kondensmelk
30 g botter
Knippie sout
150g pistachio neute
Metode:
Plaas die sjokolade, kondensmelk, botter en sout in `n pot oor lae hitte op die
stoof, en roer tot die bestanddele smelt
Plaas die neute in `n sakkie, en druk rol effens fyner met `n koekroller
Voeg die neute by die mengsel en roer goed deur
Giet die mengsel in `n foelie bak (20cm by 20 cm)
Laat afkoel in die koelkas tot ferm, en sny in blokkies
Die fudge kan ook in die vrieskas gebêre word
30