Mosterd tjops met gnocchi
Bestanddele:
6-8 tjops vark of lam (hierdie dis kan ook met frikkadelle gemaak word)
2 t knoffel olie of olyf olie met ¼ t gemaalde knoffel
150 -200 ml soet bier "cider"
25ml korrel mosterd (die in-gelegde soort)
150 tot 200 ml room
1 pakkie vars gnocchi (nie die gedroogde soort nie)
Metode:
Verhit die olie in `n groot, swaarbodem pan, en braai die tjops aand beide kante
tot gaar. Verwyder van die pan en plaas in die lou oond, of lig warm oond.
Voeg die bier by die pan en laat die vleis souse oplos. Laat prut vir 1-2 minute
Verlaag die hoe hitte, en voeg die mosterd, room en qhocchi by.
Laat dit prut vir 5 minute met `n deksel op indien moontlik , draai en skommel dan
die gnocchi om en prut vir `n verdere 3 tot 4 minute.
Bedien warm op saam met die tjops.
31