Weggesteek op die Hoek van Glover en
Lenchen rylaan in Centurion is daar
skatkis vol juwele en lekkernye. Dit is Passi!
Daar is almal welkom, en kan jy na hartelus
rond dwaal, smul aan van die lekkerste
geregte, en amper vergeet dat die wêreld
bestaan.
Passi bestaan hoofsaaklik uit dekor winkel
en restaurant. Die dekor winkel het
verskeidenheid van items wat mens net
hier sal vind, so as jy opsoek is na ietsie
uniek vir jou huis is dit waar jy ure lank kan
verdwaal in die mooiste dekor items vir
daardie spesiale hoekie.
Die restaurant is een van Virére se top
keuses vir Centurion. Die kos is altyd uit die
boonste rakke, gehalte, uniek, modern en
mens kan die passie en liefde proe in elke
gereg wat uit die kombuis kom.
Vir hierdie uitgawe van Virére het ons Passi
gevra om industriële tafel te dek wat ons
lesers sal inspireer. Al die dekor items is by
die Passi beskikbaar en Willie v. Zyl het ook
met ons heerlike Quiche resep gedeel.
32