125ml Botter by kamertemperatuur
250ml Koekmeel
180ml Gerasperde Kaas
2ml Rooipeper
Knippie sout
Vryf botter in meel met jou vingerpunte
totdat dit soos broodkrummels lyk.
Voeg kaas, rooipeper en sout by.
Rol deeg in `n bal en druk in tertbord vas
met vingerpunte.
Plaas vir so 10 minute in yskas.
50g Bloukaas ­ gekrummel
¼ K Gerasperde cheddar kaas
100g Biltong poeier
1 K Room
3 Eiers
Sout en varsgemaalde swartpeper na
smaak (pasop vir nie te veel sout nie die
biltong en bloukaas is ook sout)
Klits die room en eiers saam tot goed
gemeng, voeg die res van die bestanddele
by. Giet dan die vulsel in die kors en bak
dit vir so 30 tot 40 min by 180*C