Skaaf en krap merke
Gebruik skoen politoer in die selfde kleur
as meublement om skaaf en krap merke te
verbloem. Los om te absorbeer en poleer
paar uur later met sproei politoer of
meubel olie.
Opwasbak
Om skit erblink opwas bak te
verkry, was dit met bleikmiddel, en
vee goed droog met koerant of
papierhanddoeke. Poleer daarna
die opwasbak met baba-olie.
Vermy die chroom dele soos die
kraan wat soos glas skoon gemaak
moet word.
Kussings
Kussings moet ten minste 4 maal per jaar skoon gemaak en word. Die son is die
beste medisyne. Haal die sloop af, en hang in vol son vir 3 tot 5 ure. Die kussing
kan daarna in die tuimeldroër, op die warmste stelling geplaas word om dit weer
plomp te maak en vog heeltemal uit te haal. Vermy om kussings te was omdat dit
muf en skimmel kan veroorsaak.
10