Koffie en tee ringe
Gebruik petroleumjellie om kof ie of tee ringe te verwyder van hout af. Smeer
die jellie aan en los vir ongeveer een dag, vee die oortol ige jellie af en poleer
soos normaal. Mayonnaise is ook goeie boere raad.
Glas
Meng gelyke dele asyn en
water om glas mee skoon te
maak. Gebruik koerant papier
om die mengsel mee aan te
wend en glans te gee. Vir
ekstra glans vee skoon met
skoon velt skool-bord borsel
Die yskas
Verwyder reuke uit die yskas
deur dit te was met 1 deel
koeksoda tot 7 dele water.
Vee dan die binnekant af met
klam lappie wat met `n paar
druppels vanielje geursel
gesprinkel is. Oopgesnyde
suurlemoen in die deur werk
ook goed om die yskas vars te
hou.