Handgereedskap
Maak seker dat die handgereedskap wat jy koop, gemaklik
is om vas te hou, en van goeie gehalte is. Plastiese
handvatsels is gewoonlik beter as dekoratiewe hout wat
breek en splinter. Die nodigste items is: hand graaf,
plant graaf met diepte lineaal, skraap-vurk, en grawe-
vurk
Kruiwa
Meeste mense het nie een nie, of het een maar gebruik
dit nie. Alhoewel dit groot item is wat nie maklik
stoor nie, is dit die een ding wat mens altyd baie
gebruik. Beskerm jou rug en gebruik kruiwa om
compos sakke en grond heen en weer te karwy.
Basiese tuingereedskap
Die mees belangrikste tuin gereedskap is stewige hark, spitvurk
spitgraaf. Alhoewel mens dit dalk nie besef nie, is daar verskillende
implemente vir verskillende doeleinder. Dus sal tuin met baie blare
of wat gereeld kompos benodig baat vind met by 'n addisionele
rubber hark, en tuine met klei grond vurk met ronde tande. Sekere
grawe is vir skep, en ander meer vir sny of bouwerk. Vra jou handelaar,
of doen bietjie internet navorsing voor jy koop, en kry die gereedskap
wat by jou tuin omstandighede pas.
Snygereedskap
Die basiese sny gereedskap is snoeiskęr,
hegskęr en saag. Maak seker om
snygereedskap met goeie skarniere en
stewige handvatsels te koop. Hierdie dele
breek gewoonlik vinnig.