Aloe arborescens
As ek dit moet waag om struike te kies, wat ons land se skouspelagtige flora ten beste
verteenwoordig, sal dit uit die Proteaceae familie moet wees! Leucospermums en Leucadendrons
hou vir my besondere bekoring in. Daar is die allermooiste variëteite beskikbaar!
Mens hoef nie in die mooiste Kaap te woon om jou
Leucadendron spp.
eie fynbos te kan pluk nie. Gelukkig is dit glad nie so
intimiderend om Leucospermums en Leucadendrons
in jou tuin te laat groei as wat algemeen aanvaar
word nie. Dit is wél belangrik om die plante se
natuurlike habitat sover moontlik na te boots.
Paar goue reëls geld. Hierdie pragtige plante
moet in goed gedreineerde, suur grond, in
volson, geplant word. Geen voeding moet
bygevoeg word nie! Die plante is besonder
sensitief vir sulfate. Daar kan wel klein
hoeveelheid organiese kompos in die
plant gat ingemeng word. Mulch goed
en moet nooit die wortels versteur nie.
Jong plante moet vir die eerste 2 jaar goed
nat gehou word, veral tydens die winter,
aangesien hulle natuurlik in die winterreënvalstreek
voorkom.
26