Op pad na Lydenburg, versteek in die berge in
die hart van die forel driehoek lê Verlorenkloof.
Dit herinner aan Coenie de Villiers se liedjie
"Daar's plek". Hier kan mens regtig vergeet van
die wêreld daarbuite, jou horlosie afhaal en net
ontspan. Die klubhuis is kontemporêr maar met
familiêre oudhede versier, en het uitsig oor al die
berge reg rondom. Wanneer mens by ontvangs
aankom ruik mens sommer dadelik dat jy hier
lekker gaan eet. Die klubhuis, met rustige
atmosfeer verkoop kaas, melk en vars plaas
botter van die naby geleë melkboerdery, en die
vars gebakte brood roep jou daagliks om net te
kom sit, en snytjie te geniet. Die winkel verkoop
heerlike konfyt, marmelades en tuis gebakte
koekies om aan te smul by die pragtige
wooneenhede in die landgoed.
Daar is baie om te doen in Verlorenkloof soos
om die melk boerdery te besoek, te gaan stap in
die grasryke veld of in die diep kloof die berg in,
maar mens sal heel waarskynlik die heeldag tuis
wil spandeer en die asemrowende are uitsig
geniet. Al die eenhede is goed toegerus
kompleet met boeke om te lees en om seker te
maak die besoeker rus uit is daar geen televisie
nie.
40