Annette is gebore plaasnooi. Van jongs af het
haar ouma haar leer tuinmaak met steggies en
saad. "Tuinmaak hoef nie altyd duur te wees nie,
se sy." Daarin lê groot deel van die waarde van
salies en Plectrantusse. Al die steggies waarmee
sy my bederf het, het wortel geskied en spog
reeds met sterk nuwe groei. Vir my was die een
van die groot pluspunte van hierdie plante, dat
hulle gedy in die spikkelskadu van reuse
kanferboom.
Een van die buitengewone plante in Annette se
tuin is Brillantaisia subulugurica, ook bekend as
Groot Salie, alhoewel dit nie salie is nie. Die
plant spog met pragtige groot blink blare met
interessante tekstuur. Gedurende die herfs dra
die plant trosse helder pers blomme. Die plant
wat tot 2 m hoog word, groei baie vinnig en is
goeie keuse om opvallende agtergrond na die
agterkant van bedding te skep.
Plectranthus barbatus var. grandis vorm ook
pragtige struik met groot grysgroen en
roomkleurige blare. Hierdie treffende plant groei
ewe maklik van steggies en sorg vir mooi kontras
in enige tuin. Die grondbedekker, Plectranthus
Salvia Mexicana
madagascariensis, wat aan ons almal wel bekend
is, lyk soos die baba boetie van Plectranthus
barbatus en die twee plante kan met sukses in
kombinasie gebruik word.
ugurica
Subula
iasi
lantBri
26